2 Samuel 20:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Dawid vir Abísai: Nou sal Seba, die seun van Bigri, ons meer kwaad doen as Absalom: neem die dienaars van jou heer en jaag hom agterna, sodat hy nie vir hom omheinde stede kry en ons ontsnap nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê Dawid vir Abisai: “Nou sal Seba seun van Bikri ons meer moeilikheid gee as Absalom. Vat gou my manskappe en sit hom agterna voordat hy in ’n versterkte stad gaan wegkruip waar ons hom nie in die hande kan kry nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Dawid aan Ab¡sai: Nou sal Seba, die seun van Bigri, ons meer kwaad doen as Absalom; neem jy die dienaars van jou heer en jaag hom agterna, sodat hy nie miskien vir hom versterkte stede vind en ons oog uitruk nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê die koning vir Abisai: “Nou sal Seba seun van Bikri ons meer moeilikheid gee as Absalom. Vat jy my manskappe en haal hom in voordat hy dalk die een of ander sterk stad bereik waar ons hom nie kan bykom nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê Dawid vir Abisai: “Nou gaan Seba, seun van Bigri, ons meer kwaad aandoen as Absalom. Neem jy dan die dienaars van jou heer en sit hom agterna, anders sal hy vir hom versterkte stede kan vind en ons groot skade aandoen. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het toe vir Abisai gesê: “Seba seun van Bikri sal nou vir ons meer probleme gee as Absalom. Jý moet party van my manne neem en julle moet vir Seba volg en jaag. Hy moenie in een van die stede kom wat sterk mure het nie, want daar sal ons hom nie kan sien nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê Dawid vir Abisai: “Seba, daardie seun van Bikri, gaan nou vir ons meer probleme gee as Absalom. Vat jý my soldate en kry hom in die hande voor hy dalk in ’n stad ingaan wat mure om het en onder ons oë uit is.” |