2 Samuel 20:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die vrou het toe na die hele volk gegaan in haar wysheid. En hulle het Skeba, die seun van Bigri, se kop afgekap en dit na Joab toe uitgegooi. En hy het op die basuin geblaas, en hulle het uit die stad teruggetrek, elkeen na sy tent. En Joab het na Jerusalem teruggekeer na die koning.
Afrikaans (NLV) 2011 Die vrou gaan toe na die inwoners met haar wyse raad. Hulle het Seba seun van Bikri se kop afgekap en dit oor die muur na Joab toe gegooi. Toe het hy op die ramshoring laat blaas en die soldate het uitmekaargegaan, elkeen na sy huis toe. Joab het teruggegaan na die koning in Jerusalem.
Afrikaans 1933/1953 En die vrou het haar in haar wysheid tot die hele volk gewend, en hulle het die hoof van Seba, die seun van Bigri, afgekap en na Joab oorgegooi. Toe het hy op die ramshoring geblaas, en hulle is verstrooi, weg van die stad af, elkeen na sy tente; en Joab het na Jerusalem, na die koning teruggegaan.
Afrikaans 1983 Die vrou is toe met haar plan na die stadsburgers toe, en hulle het Seba seun van Bikri se kop afgesny en dit na Joab toe oorgegooi. Hy het die ramshoring geblaas, en die manskappe het van die stad af uitmekaargegaan, elkeen na sy woonplek toe. Maar Joab het na die koning toe teruggegaan in Jerusalem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die vrou het met haar wysheid na al die mense gegaan. Hulle het Seba, seun van Bigri, se kop afgekap en na Joab gegooi. Hy het toe op die ramshoring geblaas, en hulle het uiteengegaan, weg van die stad, elkeen na sy tente toe. Joab het teruggekeer na Jerusalem, na die koning.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vrou het na al die manne in die stad gegaan en sy het vir hulle gesê wat sy dink hulle moet doen. Hulle het toe die kop van Seba seun van Bikri afgekap en hulle het dit vir Joab gegooi. Joab het die ramshoring geblaas en hy en sy manne het weggegaan van die stad, elkeen na sy huis. Joab het teruggegaan na Jerusalem, na die koning toe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die vrou het die mense in die stad oortuig en hulle het Seba se kop afgekap en dit vir Joab gegooi. Joab het op ’n ramshoring geblaas en sy manskappe het sommer reguit huis toe gegaan. Joab self is terug na die koning toe in Jerusalem.