2 Samuel 20:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die saak is nie so nie, maar 'n man van die gebergte van Efraim, met die naam van Seba, die seun van Bikri, het sy hand opgehef teen die koning, teen Dawid; red hom alleen, en ek sal uit die stad vertrek. En die vrou sê vir Joab: Kyk, sy kop word vir jou oor die muur gegooi.
Afrikaans (NLV) 2011 Al wat ek soek, is ’n man met die naam Seba seun van Bikri uit die Efraimsberge. Hy het in opstand gekom teen koning Dawid. As julle hom aan ons uitlewer, sal ons die stad in vrede laat.” “Dis goed so,” antwoord die vrou. “Let op! Ons sal sy kop vir julle oor die muur gooi.”
Afrikaans 1933/1953 Die saak is nie so nie; maar 'n man van die gebergte van Efraim met die naam van Seba, die seun van Bigri, het sy hand opgehef teen die koning, teen Dawid: lewer hom alleen uit, dan wil ek van die stad af wegtrek. En die vrou sê vir Joab: Kyk, sy hoof sal oor die muur na u toe gegooi word.
Afrikaans 1983 Dit gaan maar net oor 'n man uit die Efraimsberge. Sy naam is Seba seun van Bikri. Hy het teen koning Dawid in opstand gekom. Lewer hom net uit, dan trek ek van die stad af weg.” Hierop het die vrou geantwoord: “Goed! Sy kop sal vir jou oor die muur gegooi word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is nie waaroor dit gaan nie; maar 'n man uit die heuwelland van Efraim – Seba, seun van Bigri, is sy naam – het sy hand gelig teen die koning, teen Dawid. Lewer hom alleen uit, dan sal ek wegtrek van die stad af.” Toe sê die vrou vir Joab: “Goed, sy kop sal na u van die stadsmuur af gegooi word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is nie wat ek wil doen nie. Maar iemand van die Efraim-berge het opstandig geword teen die koning, teen Dawid. Sy naam is Seba seun van Bikri. Gee hom vir ons, dan sal ons weggaan van die stad.” Die vrou het vir Joab gesê: “Goed, ons sal sy kop vir jou oor die muur gooi.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dís nie my plan nie! Maar hier is iemand by julle wat teen koning Dawid in opstand is. Hy kom van die Efraimberge af en sy naam is Seba, seun van Bikri. As julle hóm net vir my gee, dan los ek die stad uit.” Die vrou sê vir Joab: “U kan seker wees sy kop sal vir u van die muur afgegooi word.”