2 Samuel 20:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En elke man van Israel het van Dawid af opgetrek en Skeba, die seun van Bigri, gevolg; maar die manne van Juda het by hulle koning aankleef, van die Jordaan af tot by Jerusalem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het al die manne van Israel Dawid verlaat en vir Seba gevolg. Maar die manskappe van Juda het getrou gebly aan hulle koning en hom van die Jordaanrivier af na Jerusalem toe begelei. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop trek al die manne van Israel van Dawid af weg, agter Seba, die seun van Bigri, aan; maar die manne van Juda het hulle koning aangehang van die Jordaan af tot by Jerusalem. |
| Afrikaans 1983 | Toe het die hele Israel weggetrek van Dawid af agter Seba seun van Bikri aan. Maar Juda het hulle koning van die Jordaan af Jerusalem toe gevolg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die manne van Israel het toe opgetrek, weg van Dawid af, agter Seba, seun van Bigri, aan. Maar die manne van Juda was aan hulle koning se sy van die Jordaan af tot by Jerusalem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die manne van Israel het toe weggegaan van Dawid en hulle het saam met Seba seun van Bikri gegaan. Maar die manne van Juda het by hulle koning gebly, van die Jordaan-rivier tot in Jerusalem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al die Israeliete het vir Dawid gelos en is saam met Seba, seun van Bikri. Maar die mans van Juda het by hulle koning gebly en saam met hom gegaan van die Jordaanrivier af tot by Jerusalem. |