2 Samuel 20:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek is een van die vredeliewendes en getroues in Israel; jy soek 'n stad en 'n moeder in Israel; waarom sal jy die erfdeel van die HERE verslind?
Afrikaans (NLV) 2011 Ons is van die vreedsames en getroues in Israel. Maar jy is besig om ’n getroue stad wat in Israel hoogaangeskrewe is, te vernietig. Hoekom wil jy dit wat aan die Here behoort, vernietig?”
Afrikaans 1933/1953 Ek is een van die vredeliewendes, van die getroues in Israel. U is daarop uit om 'n stad te vernietig, nogal 'n moeder in Israel. Waarom wil u die erfdeel van die HERE te gronde rig?
Afrikaans 1983 Ons is van die heel getroustes in Israel. U wil nou 'n stad uitroei wat in Israel in aansien is. Waarom wil u 'n stad wat aan die Here behoort, uitroei?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek praat namens die vredeliewendes van die getroues in Israel. U probeer om 'n stad, ja, 'n moeder in Israel, dood te maak. Waarom wil u die eiendom van die Here verslind?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is een van die baie mense in die land Israel wat vrede wil hê en ek wil gehoorsaam wees aan die koning. Hoekom wil jy die mense van hierdie belangrike stad doodmaak? Dit is 'n stad wat aan die Here behoort, hoekom wil jy dit verwoes?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons is bekend as vredeliewende, getroue Israeliete. Nou wil u ’n stad wat ’n voorbeeld is in Israel se mense doodmaak. Hoekom wil u ’n plek vernietig wat aan die Here behoort?”