2 Samuel 20:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hy nader kom na haar, sê die vrou: Is jy Joab? En hy antwoord: Ek is hy. Toe sê sy vir hom: Hoor die woorde van u dienares. En hy antwoord: Ek hoor.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Joab naderkom, vra die vrou: “Is jy Joab?” “Ja, ek is Joab,” antwoord hy. Sy sê toe: “Luister goed na wat ek sê.” “Ek luister,” sê hy.
Afrikaans 1933/1953 En toe hy nader kom na haar, sê die vrou: Is u Joab? En hy antwoord: Ja. En sy sê vir hom: Hoor die woorde van u dienares. En hy antwoord: Ek hoor.
Afrikaans 1983 Hy het nader gegaan en die vrou het gevra: “Is u Joab?” Hy het geantwoord: “Ja,” en sy sê vir hom: “Luister tog na my woorde.” “Ek luister,” was sy antwoord.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe hy nader gaan na haar, sê die vrou: “Is u Joab?” “Dit is ek,” antwoord hy. Sy sê toe vir hom: “Luister na die woorde van u dienares.” “Ek luister,” het hy gesê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Joab nader kom, het die vrou gevra: “Is jy Joab?” En Joab het gesê: “Ja, ek is.” Sy sê toe vir hom: “Luister na wat ek sê.” En hy het gesê: “Goed, ek luister.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Joab het nader gegaan en die vrou het vir hom gevra: “Is u Joab?” “Ja,” antwoord Joab. “Kan ek maar vir u iets sê?” vra sy. “Ja, ek luister,” sê hy.