2 Samuel 20:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het gekom en hom in Abel van Bet-Maga beleër, en hulle het 'n wal teen die stad opgegooi, en dit het in die sloot gestaan; en al die manskappe wat saam met Joab was, het die muur verslaan om dit af te breek.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Joab met sy soldate daar aankom, het hulle Abel Bet-Maäka beleër. Hulle het ’n beleëringswal teen die stad gebou. Dit was alreeds tot teen die muur. Almal by Joab was besig om deur die dorp se muur te breek.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het gekom en hom in Abel-Bet-M äga beleër en 'n wal teen die stad opgegooi, wat teen die voorskans opgerys het. Terwyl al die manskappe van Joab besig was met verwoes om die muur te laat val,
Afrikaans 1983 Joab-hulle het toe gekom en vir Seba beleër in Abel-Bet-Maäka. Hulle het 'n beleëringswal teen die stad gegooi. Toe dit al vas teen die voorskans staan, en die hele leër wat by Joab was, besig was om die muur te ondergrawe en dit so te laat val,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Joab se manne het gekom en hom in Abel-Bet-Maäga beleër. Hulle het 'n beleëringswal teen die stad opgehoop, sodat dit in posisie was by die verdedigingswal. Terwyl al die manskappe by Joab verwoesting aangerig het om die stadsmuur te laat val,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Joab en die ander manne het die stad aangeval van al die kante. Hulle het 'n grondwal teen die muur van die stad gebou en al die manne by Joab het begin om die muur van die stad af te breek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het Seba in Abel-Bet-Maäka vasgekeer. Hulle het ’n skuins wal teen die voormuur van die stad gepak en so kon al die soldate by die groot muur om die stad kom. Hulle het teen die muur gestamp om dit te laat val.