2 Samuel 20:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het deur al die stamme van Israel gegaan na Abel en Bet-Maga en al die Beriete; en hulle het bymekaargekom en ook agter hom aan gegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Intussen het Seba deur die gebied van al die stamme van Israel getrek tot by Abel Bet-Maäka. Die Beriete het bymekaargekom en hom tot in die stad gevolg. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die het deur al die stamme van Israel getrek na Abel en Bet-M äga en die hele Berim; en hulle het byeengekom en ook agter hom aan gegaan. |
| Afrikaans 1983 | Seba het met al die stamme van Israel getrek na Abel toe, dit is Bet-Maäka. Al die Beriete het bymekaargekom en hom ook gevolg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Seba het by al die stamme van Israel langs gegaan na Abel en Bet-Maäga en na al die Beriete. Hulle het byeengekom en die stad binnegegaan, ook agter hom aan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Seba het die manne van al die stamme van Israel met hom saamgeneem na die stad Abel-Bet-Maäka. Al die manne van die Beker-familie het ook bymekaargekom en hulle het saam met hom gegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Joab het by al die stamme van Israel gesoek tot hy Seba in Abel (dis nou Bet-Maäka) gekry het. Al die Beriete het bymekaargekom en ook saam met Joab gegaan. |