2 Samuel 20:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Amasa het in die middel van die grootpad in bloed wentel. En toe die man sien dat die hele volk stilstaan, het hy Amasa van die grootpad af weggeneem na die veld en 'n doek oor hom gegooi, toe hy sien dat elkeen wat by hom kom, stilstaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Amasa het egter nog in die middel van die pad in sy bloed gelê en krul. Toe die man sien dat die soldate daar gaan bly staan, sleep hy Amasa uit die pad en gooi ’n kleed oor hom, want hy het besef dat elkeen wat verbykom daar sou stilstaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Terwyl Am sa in die middel van die pad hom in die bloed lê en wentel en die man sien dat al die manskappe bly staan, het hy Am sa uit die pad uit weggeneem na die veld en 'n kleed oor hom gegooi, omdat hy sien dat elkeen wat by hom kom, daar bly staan. |
| Afrikaans 1983 | Maar Amasa het in die middel van die pad in sy bloed gelê en gekrul van die pyn. Toe die man sien dat al die manskappe gaan staan, het hy vir Amasa uit die pad uit die veld in gesleep en 'n kledingstuk oor hom gegooi, want elkeen wat hom gesien het, het gaan staan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Amasa het nog lê en rondkrul in sy bloed in die middel van die pad, en toe die man sien dat al die manskappe gaan staan, het hy Amasa uit die pad uit gerol, die veld in. Hy het 'n kledingstuk oor hom gegooi nadat hy gesien het dat elkeen wat by hom kom, gaan staan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Amasa het in sy bloed gelê en rol in die middel van die pad. Elkeen wat by Amasa verbygekom het, het gaan staan. Iemand het dit gesien en hy het vir Amasa uit die pad gesleep tot in die veld. Hy het sy bo-kleed oor Amasa gegooi. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Amasa het in die middel van die pad in ’n plas bloed gelê en krul van die pyn. Toe die man sien al die manskappe gaan by Amasa staan, het hy hom uit die pad gesleep die veld in. Toe hy sien almal gaan staan nog om te kyk, het hy hom met klere toegegooi. |