2 Samuel 20:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Amasa het nie ag geslaan op die swaard wat in die hand van Joab was nie; en hy het gesterf. So het Joab en sy broer Abisai vir Seba, die seun van Bigri, agternagejaag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Amasa het nie die swaard in sy ander hand raakgesien nie. Joab het hom toe daarmee deur sy onderlyf gesteek sodat sy ingewande op die grond uitgeval het. Dit was nie nodig om ’n tweede keer te steek nie. Joab en sy broer Abisai het toe vir Seba agtervolg. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Am sa was nie op sy hoede vir die swaard wat in die hand van Joab was nie. Toe steek hy hom daarmee in die onderlyf en stort sy ingewande op die grond uit sonder om hom 'n tweede steek te gee, sodat hy gesterf het. Daarop het Joab en sy broer Ab¡sai Seba, die seun van Bigri, agternagejaag. |
| Afrikaans 1983 | Amasa was nie op sy hoede vir die swaard in Joab se ander hand nie, en Joab het hom daarmee in die onderlyf gesteek, sodat sy ingewande op die grond uitgeval het. 'n Tweede steek was onnodig; hy sou sterf. Joab en sy broer Abisai het toe vir Seba seun van Bikri agtervolg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Amasa het egter nie rekening gehou met die swaard wat in Joab se ander hand was nie. Hy het hom daarmee in die maag gesteek, sodat sy ingewande op die grond uitgestort het. Hy het gesterf sonder dat hy hom 'n tweede keer gesteek het. Joab en Abisai, sy broer, het toe vir Seba, seun van Bigri, agternagesit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Amasa het nie die swaard gesien wat in Joab se linker-hand was nie, en Joab het vir Amasa in sy maag gesteek. Amasa se derms het uitgekom. Joab het net een maal gesteek, en Amasa het gesterf. Joab en sy broer Abisai het toe vir Seba seun van Bikri gevolg en gejaag. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Amasa het nooit die mes in Joab se ander hand gesien nie. Hy het Amasa se maag oopgekloof sodat sy binnegoed op die grond geval het. Dit was nie nodig om hom ’n tweede steek te gee om hom dood te maak nie. Joab en sy broer Abisai het toe maar net verder geloop om Seba te gaan soek. |