2 Samuel 20:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar was toevallig 'n man van Belial met die naam van Seba, die seun van Bigri, 'n Benjaminiet; en hy het op die basuin geblaas en gesê: Ons het geen deel aan Dawid nie, en ons het geen erfdeel aan die seun van Isai nie en elkeen na sy tente, o Israel!
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Moeilikheidmaker met die naam Seba seun van Bikri, ’n Benjaminiet, was ook daar. Hy het op die ramshoring geblaas en gesê: “Ons het niks te doen met Dawid nie. Ons wil geen aandeel hê in hierdie seun van Isai nie. Komaan, manne van Israel, laat ons almal huis toe gaan!”
Afrikaans 1933/1953 En daar was by geval 'n deugniet met die naam van Seba, die seun van Bigri, 'n Benjaminiet -- hy het op die ramshoring geblaas en gesê: Ons het geen deel aan Dawid, en ons het geen erfdeel aan die seun van Isai nie: elkeen na sy tente toe, o Israel!
Afrikaans 1983 Daar was 'n opruier met die naam Seba seun van Bikri, 'n Benjaminiet. Hy het die ramshoring geblaas en gesê: “Dawid is nie deel van ons nie; ons het niks aan Isai se seun nie. Elkeen terug na sy woonplek toe, Israel!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Opstoker met die naam Seba, seun van Bigri, 'n Benjaminiet, was toevallig daar. Hy het op die •ramshoring geblaas en gesê: “Ons het geen aanspraak op Dawid, geen erfdeel in die seun van Isai nie; elkeen na sy tente toe, Israel!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was 'n slegte man, sy naam was Seba. Hy was 'n seun van Bikri. Hy was van die Benjamin-stam. Hy het die ramshoring geblaas en gesê: “Ons is nie van Dawid se mense nie, ons behoort nie aan die seun van Isai nie. Ons is die mense van Israel, ons moet teruggaan na ons huise.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Man met die naam Seba was toevallig in Gilgal. Hy was Bikri se seun uit die stam van Benjamin. Hy was ’n regte niksnut. Hy het op ’n ramshoring geblaas en geskree: “Ons het niks met Dawid te doen nie! Die seun van Isai is nie van ons mense nie! Kom ons gaan huis toe, Israeliete!”