2 Samuel 2:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook Joab en Abísai het Abner agternagejaag, en die son het ondergegaan toe hulle by die heuwel Amma kom wat voor Gia lê, op pad na die woestyn Gibeon.
Afrikaans (NLV) 2011 Joab en Abisai het egter vir Abner bly agternasit. Teen sononder kom hulle aan by die heuwel Amma naby Gia op die pad na die wildernis van Gibeon.
Afrikaans 1933/1953 Maar Joab en Ab¡sai het Abner agternagejaag, en die son het ondergegaan toe hulle by die heuwel Amma kom wat teenoor Giag lê, aan die pad na die woestyn van G¡beon.
Afrikaans 1983 Daarna het Joab en Abisai vir Abner agternagesit. Sononder het hulle by die Elmboogrant aangekom, regoor die fontein langs die pad na Gibeon se weiveld toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Joab en Abisai het Abner agternagesit. Toe die son besig was om onder te gaan, kom hulle by die Amma-heuwel, wat oos van Giag lê, op pad na die woestyn van Gibeon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Joab en Abisai het aangehou om vir Abner te jaag. Die son het ondergegaan toe hulle by die Elmboog-heuwel kom, naby die fontein langs die pad na die Gibeon-woestyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar Joab en Abisai het op Abner se spoor gebly. Toe die son sak, kom hulle by Ammabult aan wat oos van Giag op pad na Gibeon se weivelde lê.