2 Samuel 2:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daarna het Dawid die HERE geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek na enige van die stede van Juda? En die HERE sê vir hom: Trek op. Toe sê Dawid: Waarheen moet ek optrek? En hy sê: By Hebron! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierna het Dawid vir die Here gevra: “Moet ek teruggaan na een van die stede in Juda?” “Ja, gaan,” het die Here geantwoord. Toe vra Dawid: “Na watter plek toe moet ek gaan?” Die Here het geantwoord: “Na Hebron toe.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En daarna het Dawid die HERE geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek in een van die stede van Juda? En die HERE het hom geantwoord: Trek op. Toe sê Dawid: Waarheen moet ek optrek? En Hy antwoord: Na Hebron. |
| Afrikaans 1983 | Hierna het Dawid die Here geraadpleeg: “Moet ek na 'n stad in Juda toe gaan?” Die Here het geantwoord: “Ja, gaan!” Dawid het gevra: “Na watter plek toe moet ek gaan?” Toe antwoord die Here: “Na Hebron toe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarna het Dawid die Here geraadpleeg: “Moet ek optrek na een van die stede van Juda?” Die Here het vir hom gesê: “Trek op!” Toe vra Dawid: “Waarheen moet ek optrek?” Hy het geantwoord: “Na Hebron. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het Dawid vir die Here gevra: “Moet ek na een van die stede van Juda gaan?” En die Here het vir hom gesê: “Ja, jy moet gaan.” Toe vra Dawid: “Waarnatoe moet ek gaan?” En die Here het gesê: “Na Hebron.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het Dawid by die Here raad gevra: “Moet ek in een van die dorpe van Juda gaan bly?” Die Here het “Ja” geantwoord. Dawid vra toe: “In watter dorp moet ek gaan bly?” En die Here antwoord: “In Hebron.” |