2 Samuel 19:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die hele volk het twis gehad onder al die stamme van Israel en gesê: Die koning het ons verlos uit die hand van ons vyande, en hy het ons verlos uit die hand van die Filistyne; en nou het hy vir Absalom uit die land gevlug.
Afrikaans (NLV) 2011 Al die stamme van Israel het onder mekaar begin praat. Die volk het gesê: “Die koning het ons verlos van ons vyande, die Filistyne, maar Absalom het hom uit die land verjaag.
Afrikaans 1933/1953 En die hele volk onder al die stamme van Israel het onder mekaar getwis en gesê: Die koning het ons verlos uit die hand van ons vyande, en hy het ons gered uit die hand van die Filistyne, en nou moes hy die land uit vlug vir Absalom;
Afrikaans 1983 Daarna het die manne van die Israelitiese stamme onder mekaar begin praat: “Dit is die kóning deur wie ons gered is uit die mag van ons vyande; hý het ons bevry uit die greep van die Filistyne, en nou moes hy die land uit vlug voor Absalom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die manskappe in al die stamme van Israel het aan die stry geraak en gesê: “Die koning het ons gered uit die greep van ons vyande; ja, hy is die een wat ons laat ontsnap het uit die greep van die Filistyne. Maar nou het hy oor Absalom landuit gevlug,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die mense van die Israel-stamme het met mekaar begin praat. Hulle het gesê: “Die koning het ons gered van ons vyande, hy het ons vrygemaak van die Filistyne, en nou het hy uit die land gevlug oor Absalom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) het daar ’n groot stryery onder al die Israeliete begin. Die mense het vir die leiers gesê: “Die koning wat ons gehelp het teen ons vyande, ja, dié een wat ons vrygemaak het van die Filistyne, het uit die land uit gevlug vir Absalom.