2 Samuel 19:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die koning opgestaan en in die poort gaan sit. En hulle het aan die hele volk meegedeel en gesê: Kyk, die koning sit in die poort. En die hele volk het voor die koning gekom, want Israel het gevlug, elkeen na sy tent.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning het toe uitgegaan en in die stadspoort gaan sit. Toe die soldate hoor: “Die koning sit in die poort,” het al die manskappe voor die koning verskyn. Intussen het die Israeliete wat Absalom ondersteun het na hulle huise toe gevlug.
Afrikaans 1933/1953 En die koning het opgestaan en in die poort gaan sit; en hulle het die hele volk laat weet en gesê: Kyk, die koning sit in die poort. Daarna het die hele volk voor die koning gekom. Maar Israel het gevlug elkeen na sy tente toe.
Afrikaans 1983 Die koning het toe buitetoe gegaan en in die stadspoort gaan sit. Daar is toe aan al die manskappe vertel: “Kom kyk, die koning sit in die stadspoort.” Toe het al die manskappe van die koning voor hom verskyn. Israel het intussen huis toe gevlug.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning het toe opgestaan en in die poort gaan sit, en toe al die manskappe die berig ontvang, “Kyk, die koning sit in die poort,” het al die manskappe voor die koning saamgekom. Israel het egter gevlug, elkeen na sy tente toe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het toe opgestaan en hy het in die poort gaan sit. Toe die manne hoor dat hy in die poort sit, het hulle almal gekom om hom te sien. Die manne van Israel het gevlug, elkeen na sy huis.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning het opgestaan en by die ingang van die stad gaan sit. Toe die manskappe hoor dat die koning daar by die ingang is, het almal soos gewoonlik voor hom verbygestap wanneer hulle gewen het. Nadat die soldate van die Israeliete na hulle huise toe gevlug het,