2 Samuel 19:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe kom Joab in die huis na die koning en sê: U het vandag die aangesig van al u dienaars wat vandag u lewe gered het, en die lewens van u seuns en van u dogters en die lewens van u vroue beskaamd gemaak, en die lewens van jou byvroue;
Afrikaans (NLV) 2011 Joab het na die koning se kamer toe gegaan en vir hom gesê: “Vandag het u al die manskappe laat skaam kry. Hulle het u lewe en die lewe van u seuns en dogters, u vroue en byvroue gered.
Afrikaans 1933/1953 Toe kom Joab by die koning in die huis en sê: U het vandag die aangesig van al u dienaars beskaamd gemaak, wat vandag u lewe en die lewe van u seuns en dogters en die lewe van u vroue en die lewe van u byvroue gered het,
Afrikaans 1983 Joab het by die koning in die kamer ingegaan en gesê: “U het vandag al die manskappe laat skaam kry, hulle wat so pas u lewe en ook dié van u seuns en dogters, u vrouens en byvrouens gered het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe gaan Joab na binne, na die koning, en sê: “Jy het vandag al jou dienaars met rooi gesigte gelaat – hulle wat vandag jou lewe en die lewe van jou seuns en dogters, en die lewe van jou vroue en byvroue gered het –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Joab het na die koning toe in die kamer gegaan en hy het vir hom gesê: “Jou manne het vandag jou lewe gered, en die lewens van jou seuns en jou dogters, jou vroue en jou byvroue, maar jy verneder hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Joab het na die koning toe gegaan en vir hom gesê: “U stel vandag almal teleur wat so getrou by u staan, die manne wat u lewe gered het en u seuns en dogters s’n en al u vroue s’n.