2 Samuel 19:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die manne van Israel die manne van Juda geantwoord en gesê: Ons het tien dele in die koning, en ons het ook meer reg in Dawid as julle; terug ons koning? En die woorde van die manne van Juda was harder as die woorde van die manne van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar daar is tien stamme in Israel,” sê die ander stamme. “Ons het dus tien keer meer reg op die koning. Hoekom het julle ons nie in die saak geken nie? Het ons nie eerste gepraat oor die terugbring van ons koning nie?” Verwyte is heen en weer geslinger en die manne van Juda was meer bitsig in hulle antwoord.
Afrikaans 1933/1953 En die manne van Israel het die manne van Juda geantwoord en gesê: Ek het tien aandele aan die koning en ook meer reg op Dawid as jy. Waarom het jy my dan veragtelik behandel? Was my woord dan nie die eerste om my koning terug te bring nie? Maar die woord van die manne van Juda was heftiger as die woord van die manne van Israel.
Afrikaans 1983 Maar Israel antwoord vir Juda: “Ek het tien keer meer aanspraak op die koningskap; selfs aan Dawid het ek meer as jy. Waarom het jy my nie in die saak geken nie? Was my uitnodiging nie eerste om my koning na my toe te laat terugkom nie?” Maar Juda het 'n beter saak gehad as Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop antwoord die manne van Israel die manne van Juda en sê: “Ons het 'n tienvoudige aandeel in die koning, en ook op Dawid het ons groter aanspraak as julle. Waarom verkleineer julle ons dan? Het ons nie eerste voorgestel om ons koning terug te bring nie?” Die reaksie van die manne van Juda was egter heftiger as dié van die manne van Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En die mense van Israel het vir die mense van Juda geantwoord en gesê: “Ons is tien stamme, Dawid is óns koning meer as wat hy júlle koning is. Hoekom het julle ons verneder? Ons het eerste gesê ons wil die koning laat terugkom.” Maar Juda het gewen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarop antwoord die mans van Israel: “Omdat ons tien stamme is, het ons tien keer meer reg op die koning as julle, ook op koning Dawid. Hoekom maak julle dan of ons nie enige regte het nie? Ons het in elk geval eerste gesê ons wil ons koning terugbring.” Die mans van Juda het toe nog skerper geantwoord as die mans van Israel.