2 Samuel 19:42 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En al die manne van Juda het die manne van Israel geantwoord: Omdat die koning na aan ons is; waarom word julle dan kwaad oor hierdie saak? het ons ten koste van die koning geëet? of het Hy ons enige gawe gegee? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hoekom nie?” het die mense uit Juda geantwoord. “Die koning is tog ons familie. Hoekom word julle daaroor kwaad? Het ons dalk op sy rekening geëet of het ons daarvoor vergoeding gekry?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop antwoord al die manne van Juda die manne van Israel: Omdat die koning aan my verwant is; maar waarom is jy tog kwaad oor hierdie saak? Het ons ooit iets van die koning geëet, of is iets as 'n porsie vir ons weggedra? |
| Afrikaans 1983 | Die hele Juda het Israel toe geantwoord: “Maar die koning is mos familie van my. Waarom neem jy aanstoot hieraan? Het ons dalk iets van die koning geëet, of is ons op enige manier bevoordeel?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die manne van Juda het toe teenoor die manne van Israel gereageer: “Omdat die koning na aan ons is! Maar waarom word julle nou kwaad oor hierdie saak? Het ons enigiets van die koning geëet, of enigiets vir onsself weggedra?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar al die manne van Juda het vir die manne van Israel gesê: “Die koning is familie van ons. Hoekom is julle kwaad hieroor? Die koning het nie vir ons kos of presente gegee nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mans van Juda antwoord toe sommer die mans van Israel en sê: “Oor die koning van ons familie is! Maar hoekom wip julle julle daaroor? Het ons miskien van die koning se kos geëet of van sy goed weggedra?” |