2 Samuel 19:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En kyk, al die manne van Israel het na die koning gekom en aan die koning gesê: Waarom het ons broers, die manne van Juda, jou gesteel en die koning en sy huisgesin en al Dawid se manne saam met hom oorgebring Jordaan? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar toe kom al die manne van Israel na die koning toe en sê vir die koning: “Hoekom het ons broers, die manne van Juda, u geskaak? Hulle het die koning en sy huishouding en al die manskappe van Dawid deur die Jordaanrivier gebring.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Meteens kom toe al die manne van Israel by die koning aan en sê aan die koning: Waarom het ons broers, die manne van Juda, u gesteel en die koning en sy huis en al die manne van Dawid saam met hom oor die Jordaan gebring? |
| Afrikaans 1983 | Toe het al die mense van Israel na die koning toe gekom en gesê: “Waarom het ons broer Juda u gesteel en die koning met sy huisgesin en al die manskappe van Dawid saam met hom oor die Jordaan laat trek?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die manne van Israel kom toe onverwags na die koning en sê vir die koning: “Waarom het ons broers, die manne van Juda, die koning ontvoer en die koning, sy huishouding en al die manne van Dawid saam met hom oor die Jordaan geneem?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En daar kom al die Israel-manne toe na die koning toe en hulle vra vir hom: “Hoekom het ons broers, die manne van Juda, die koning gesteel? Hoekom het hulle saam met die koning en sy huisgesin en al die manne van Dawid deur die Jordaan-rivier gekom?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar toe kom al die ander mans van Israel daar by die koning aan en sê vir hom: “Waar kom ons broers, die mense van Juda, daaraan om U Majesteit en sy gesin en al die mense by hom oor die Jordaanrivier te help?” |