2 Samuel 19:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die koning verder gegaan na Gilgal, en Kimham het saam met hom gegaan; en die hele volk van Juda het die koning gelei, en ook die helfte van die volk Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning het toe deurgetrek en is na Gilgal toe en Kimham het saam met hom gegaan. Die hele leër van Juda en die helfte van die leër van Israel het saam met die koning getrek.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het die koning verder getrek na Gilgal, en Kimham het saam met hom getrek, en die hele volk van Juda en ook die helfte van die volk van Israel het die koning verder gebring.
Afrikaans 1983 Die koning het by Gilgal verbygetrek, en Kimham saam met hom. Die hele Juda en ook die helfte van Israel het saam met die koning getrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning het verder oorgegaan na Gilgal, en Kimham het saam met hom oorgegaan. Al die manskappe van Juda en ook die helfte van die manskappe van Israel het die koning met die deurtog begelei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het verder gegaan na die stad Gilgal, en Kimham het saam met hom gegaan. Al die mense van Juda was daar, hulle het saam met die koning geloop, en die helfte van die mense van Israel het ook saamgegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning is toe daarvandaan Gilgal toe. Kimham het saamgegaan. Al die manskappe van Juda en die helfte van die manskappe van Israel het die koning oor die rivier gehelp.