2 Samuel 19:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die hele volk het deur die Jordaan getrek. En toe die koning oorgekom het, het die koning Barsillai gesoen en hom geseën; en hy het na sy eie plek teruggekeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het die soldate saam met die koning die Jordaanrivier oorgesteek. Nadat Dawid hom omhels en geseën het, het Barsillai na sy huis toe teruggegaan.
Afrikaans 1933/1953 Toe trek die hele volk die Jordaan oor. En nadat die koning ook oorgetrek het, soen die koning Bars¡llai en groet hom; en hy het na sy woonplek teruggegaan.
Afrikaans 1983 Daarna het die hele volk die Jordaan oorgesteek, en die koning het gevolg. Nadat die koning vir Barsillai gesoen en hom voorspoed toegewens het, het hy na sy stad toe teruggegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die manskappe het die Jordaan oorgesteek, en toe het die koning oorgegaan. Die koning het Barsillai gesoen en hom seën toegewens. Hy is terug na sy woonplek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die mense het deur die Jordaan-rivier gegaan. Die koning het vir Barsillai gesoen en hy het hom gegroet, en Barsillai het teruggegaan huis toe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die mense het toe oor die Jordaanrivier gegaan. Die koning is ook oor nadat hy vir Barsillai omhels en hom alles wat goed is, toegewens het. Barsillai het teruggegaan huis toe.