2 Samuel 19:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe antwoord die koning: Kimham sal saam met my oortrek, en ek sal aan hom doen wat vir jou goed is; en alles wat jy van my vra, dit sal ek vir jou doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dis goed so,” sê die koning. “Kimham kan saam met my gaan. Ek sal vir hom doen wat ek dink goed is, en ook enigiets wat jy van my verwag.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die koning sê: Kimham kan saam met my oortrek, dan sal ek aan hom doen wat goed is in jou oë, en alles wat jy verkies om aan my op te dra, sal ek vir jou doen. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê die koning: “Kimham kan maar saamgaan. Ek sal vir hom doen wat jy sê. Wat jy ook al van my verwag, sál ek vir hom doen.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning het gesê: “Saam met my sal Kimham dan oorgaan, en ek sal persoonlik aan hom doen wat goed is in jou oë. Alles wat jy van my verwag, sal ek vir jou doen.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê die koning: “As Kimham saam met my kom, dan sal ek vir hom alles doen wat jy wil hê. Ek sal enige iets doen wat hy vra.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die koning het gesê: “Goed, Kimham gaan dan saam met my. Ek sal vir hom doen net wat jy vra. Ek sal enigiets vir jou doen.” |