2 Samuel 19:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat u dienaar tog terugdraai, dat ek in my eie stad kan sterwe en by die graf van my vader en my moeder begrawe word. Maar kyk, u dienaar Kimham; laat hom saam met my heer die koning oortrek; en doen aan hom wat vir jou goed is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Laat my teruggaan om in my eie dorp te sterf, daar waar my pa en ma begrawe is. Maar hier is my seun Kimham. Laat hy saam met u gaan en doen aan hom soos wat u verkies.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat u dienaar tog maar omdraai, dat ek kan sterf in my stad by die graf van my vader en my moeder; maar hier is u dienaar Kimham. Laat hy saam met my heer die koning oortrek, en doen aan hom wat goed is in u oë. |
| Afrikaans 1983 | Laat my nou maar omdraai en in my eie stad sterf, by die graf van my pa en ma. Maar kyk, hier is u onderdaan Kimham. Hy kan saam met u gaan, en u kan aan hom doen soos u dit goedvind.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laat ek, u dienaar, asseblief maar omdraai, sodat ek in my tuisdorp naby die graf van my vader en moeder kan sterf. Maar kyk, hier is u dienaar Kimham; laat hy saam met my heer die koning oorgaan. Doen dan aan hom wat goed is in u oë.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Laat my asseblief teruggaan. Ek wil in my stad sterf by die graf van my ouers. Maar hier is my seun Kimham. Hy kan saam met die koning gaan, en jy kan vir hom doen wat jy besluit om te doen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Laat ek maar omdraai en in my eie dorp doodgaan waar my pa en ma begrawe lê. Hier is my seun Kimham. Hy kan maar saam met U Majesteit gaan. Doen maar vir hom wat u wil.” |