2 Samuel 19:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek is vandag tagtig jaar oud, en kan ek onderskei tussen goed en kwaad? kan u kneg smaak wat ek eet of wat ek drink? kan ek nog die stem van singende mans en singende vroue hoor? waarom sou u dienaar dan nog 'n las vir my heer die koning wees?
Afrikaans (NLV) 2011 Ek is 80 jaar oud en kan nie meer baie geniet nie. Ek kan nie meer proe wat ek eet of drink nie. Ek kan ook nie meer die stemme van sangers en sangeresse waardeer nie. Ek sal net ’n oorlas wees vir my heer die koning.
Afrikaans 1933/1953 Ek is vandag tagtig jaar oud. Kan ek tussen goed en kwaad onderskei? of sal u dienaar kan proe wat ek eet en wat ek drink? of sal ek nog kan aanhoor die stem van die sangers en die sangeresse? Waarom sal u dienaar my heer die koning dan nog tot 'n las wees?
Afrikaans 1983 Ek is nou tagtig. Kan ek nog iets geniet? Of kan ek nog proe wat ek eet en drink? Kan ek nog die stem van sangers en sangeresse waardeer? Waarom moet ek van my 'n oorlas maak by die koning?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek is nou tagtig jaar oud. Ken ek nog die verskil tussen goed en sleg, of sal ek, u dienaar, nog kan proe wat ek eet of drink, of sal ek nog kan luister na die stemme van sangers en sangeresse? Waarom moet u dienaar nog vir my heer die koning 'n las wees?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is nou 80 jaar oud. Ek weet nie meer wat is goed vir my en wat is nie goed nie, ek kan nie meer proe wat ek eet of drink nie, ek sal nie meer kan hoor wanneer mense sing nie. Dit sal vir die koning te veel wees om vir my te sorg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek is nou 80 jaar oud. My smaak is daarmee heen: ek kan nie meer iets wat ek eet of drink, geniet nie. Ek kan ook nie meer mooi hoor as die sangers en sangeresse sing nie. Ek sal net vir U Majesteit ’n las wees.