2 Samuel 19:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Barsíllai aan die koning: Hoe lank het ek nog om te lewe dat ek saam met die koning na Jerusalem sou optrek?
Afrikaans (NLV) 2011 “Nee dankie,” antwoord hy. “Ek is heeltemal te oud om saam met die koning Jerusalem toe te gaan.
Afrikaans 1933/1953 Maar Bars¡llai het die koning geantwoord: Hoeveel sal die dae van my lewensjare dan wees, dat ek saam met die koning moet opgaan na Jerusalem?
Afrikaans 1983 Maar hy het vir die koning gesê: “Hoeveel langer het ek nog om te leef dat ek saam met die koning na Jerusalem toe moet optrek?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Barsillai het vir die koning gesê: “Hoeveel dae van my lewensjare is nog oor dat ek saam met die koning na Jerusalem kan opgaan?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Barsillai het vir die koning gesê: “Ek sal nie meer lank lewe nie. Hoekom sal ek saam met die koning gaan?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar Barsillai het geantwoord: “Ek weet nie hoe lank ek nog gaan leef nie. Dit sal nie ’n goeie ding wees as ek by U Majesteit in Jerusalem gaan bly nie.