2 Samuel 19:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Barsillai, die Gileadiet, het van Rogelim afgekom en saam met die koning deur die Jordaan getrek om hom oor die Jordaan te lei.
Afrikaans (NLV) 2011 Barsillai die Gileadiet het uit Rogelim daar aangekom om die koning oor die Jordaan te help.
Afrikaans 1933/1953 Bars¡llai, die Gileadiet, het ook afgekom van Rogelim en met die koning oor die Jordaan getrek om hom oor die Jordaan weg te bring.
Afrikaans 1983 Barsillai die Gileadiet het van Rogelim af gekom vir die koning se oortog oor die Jordaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ook Barsillai, 'n man uit Gilead, het van Rogelim af afgegaan en saam met die koning na die Jordaan getrek om hom daar by die Jordaan af te sien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Barsillai van die land Gilead het van die stad Rogelim gekom om saam met die koning deur die Jordaan-rivier te gaan en hom te groet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Barsillai, die man uit Gilead, het van Rogelim af gekom om die koning by die Jordaanrivier af te sien.