2 Samuel 19:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Mefiboset sê vir die koning: Ja, laat hy alles neem, want my heer die koning het in vrede na sy huis teruggekom.
Afrikaans (NLV) 2011 “Noudat u weer veilig tuis is, kan hy ook maar alles kry, my heer!” sê Mefiboset.
Afrikaans 1933/1953 En Mefiboset het die koning geantwoord: Hy kan ook alles neem nadat my heer die koning behoue in sy huis gekom het.
Afrikaans 1983 Mefiboset het geantwoord: “Nou dat die koning behoue tuis gekom het, kan Siba maar alles vat.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop sê Mefiboset vir die koning: “Hy kan ook maar alles neem nadat my heer die koning ongedeerd by sy paleis aangekom het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mefiboset het vir die koning gesê: “Meneer die koning, Siba mag alles kry, want jy het veilig teruggekom by jou huis.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het Mefiboset geantwoord: “Ek is so bly dat U Majesteit veilig by die huis is, Siba kan maar alles kry.”