2 Samuel 19:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die volk het hulle daardie dag sluipent in die stad ingetrek, soos skaamte mense steel wanneer hulle in die geveg vlug. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het die stad binnegesluip soos manne wat skaam was omdat hulle uit die geveg weggehardloop het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom het die volk die dag stilletjies die stad ingekom, net soos mense wat skaam is, wegsluip as hulle in die geveg gevlug het. |
| Afrikaans 1983 | Op dié dag het die manskappe die stad binnegesluip, soos wanneer hulle beskaamd insluip as hulle uit 'n geveg weggehardloop het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die manskappe het dié dag die stad binnegesluip soos manskappe binnesluip wat verneder is omdat hulle in die geveg moes vlug. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die manne het daardie dag stil teruggekom in die stad. Hulle het gekom soos manne wat verloor het en wat gevlug het uit die oorlog. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het daardie dag soos diewe die stad ingesluip. Hulle het gelyk soos mense wat skaam is oor hulle vir hulle vyande gevlug het. |