2 Samuel 19:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die koning vir hom: Waarom praat jy nog meer oor jou sake? Ek het gesê: Jy en Siba verdeel die land. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dis nie nodig dat jy nog iets sê nie,” sê Dawid. “Ek oordeel dat jy en Siba die grond tussen julle moet verdeel.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê die koning vir hom: Waarom nog meer woorde? Ek sê: Jy en Siba moet die grond verdeel. |
| Afrikaans 1983 | Toe antwoord die koning hom: “Die saak is afgehandel. Ek beveel hiermee dat jy en Siba die grond moet deel.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning het vir hom gesê: “Waarom moet jy nog verder jou saak stel? Ek het klaar gepraat: Jy en Siba moet die grond deel. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê die koning vir Mefiboset: “Jy moenie nog iets sê nie. Ek sê jy en Siba moet die grond deel.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ons hoef nie verder daaroor te praat nie,” het die koning gesê. “Ek reël nou dat jy en Siba die grond van Saul moet deel.” |