2 Samuel 19:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die hele huis van my vader was maar dooies voor my heer die koning; tog het u u dienaar aangestel onder die wat aan u eie tafel geëet het. Watter reg het ek dan nog om nog tot die koning te roep? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | My hele familie het by u niks anders as die dood verdien nie. Tog het u my aan u tafel laat eet. Watter reg het ek dan om nog meer van die koning te verwag?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want my hele familie was by my heer die koning niks anders as manne wat die dood verdien nie; tog het u u dienaar opgeneem onder die wat aan u tafel eet: watter regsaanspraak het ek dan nog meer om my verder op die koning te beroep? |
| Afrikaans 1983 | My hele familie het by u niks anders as die dood verdien nie, en tog het u my 'n plek gegee by dié wat by u aan huis eet. Ek het niks waarop ek my by die koning kan beroep nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hele huis van my vader het immers, wat my heer die koning betref, net die dood verdien. En tog het u u dienaar geplaas by dié wat aan u tafel eet. Watter reg het ek dan nog om weer 'n keer na die koning om hulp te roep?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy kon my en my hele familie doodgemaak het, maar jy het my aan jou tafel laat eet. Ek kan niks meer vra nie, ek kan net vra dat die koning my moet help.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U Majesteit kon my pa se hele familie doodgemaak het. In plaas daarvan het u my ’n plek gegee aan u tafel. Watter reg het ek dan om nou nóg ’n guns vir u te vra?” |