2 Samuel 19:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het u dienaar by my heer die koning belaster; maar my heer die koning is soos 'n engel van God; doen dan wat goed is in u oë. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het my boonop vals beskuldig, maar ek weet dat u soos ’n engel van God is. Doen dus met my wat u goedvind. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het ewenwel u dienaar by my heer die koning belaster, maar my heer die koning is soos 'n engel van God: doen dan wat goed is in u oë. |
| Afrikaans 1983 | Hy het my by u gaan beskinder, maar U Majesteit is soos 'n engel van God. U sal dus met my doen soos dit vir u die beste lyk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My slaaf het egter u dienaar by my heer die koning gaan beskinder. Maar my heer die koning is soos 'n engel van God; doen maar wat goed is in u oë. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En hy het ook nog geskinder oor my by Meneer die koning, maar Meneer die koning is soos 'n engel van God, jy moet doen wat jy dink is reg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Boonop het hy my sleggemaak by u. Maar U Majesteit is so verstandig soos ’n engel uit die hemel. Doen maar met my wat u wil. |