2 Samuel 19:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy antwoord: My heer, o koning, my dienaar het my bedrieg, want u dienaar het gesê: Ek sal vir my 'n esel opsaal, dat ek daarop kan ry en na die koning kan gaan; want u dienaar is kreupel.
Afrikaans (NLV) 2011 Mefiboset het geantwoord: “My heer die koning, my dienaar het my in die steek gelaat. Omdat ek kreupel is, het ek vir hom gesê: ‘Jy moet vir my die donkie opsaal sodat ek saam met die koning kan gaan.’
Afrikaans 1933/1953 En hy antwoord: My heer die koning, my dienaar het my bedrieg; want u dienaar het gedink: Ek wil vir my die esel laat opsaal, dat ek daarop kan ry en met die koning kan saamtrek, want u dienaar is lam.
Afrikaans 1983 “U Majesteit,” antwoord hy, “my helper het my in die steek gelaat, want ek het gesê: Ek wil 'n donkie opgesaal hê om op te ry en saam met die koning te gaan; ek is mos kreupel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop het hy geantwoord: “My heer die koning, my slaaf het my mislei. U dienaar het gedink, ek gaan vir my die donkie opsaal en daarop ry en met die koning saamgaan, want u dienaar is mos kreupel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mefiboset sê toe: “Meneer die koning, die man wat my moet help, het my gelos. My bene is verlam, en ek het gesê hy moet vir my 'n donkie opsaal sodat ek kan ry en saam met die koning kan gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “U Majesteit,” het hy geantwoord, “omdat ek so swaar loop, het ek gedink ek sal ’n donkie laat opsaal waarmee ek kan ry en saam met U Majesteit gaan. Maar my werker het my in die steek gelaat.