2 Samuel 19:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Mefiboset, die seun van Saul, het afgekom om die koning te ontmoet, en hy het nie sy voete aangetrek en nie sy baard geknip en sy klere nie gewas nie, van die dag af dat die koning vertrek het tot die dag dat hy in vrede teruggekom het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mefiboset, Saul se kleinkind, het ook gekom om die koning te ontmoet. Hy het nie sy voete of sy klere gewas of sy baard geknip vanaf die dag dat die koning uit Jerusalem weg is totdat hy veilig teruggekom het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Mefiboset, die kleinseun van Saul, het ook afgekom die koning tegemoet, en hy het sy voete nie skoongemaak en sy baard nie geskeer en sy klere nie gewas van die dag af dat die koning weggegaan het tot op die dag dat hy behoue teruggekom het nie; |
| Afrikaans 1983 | Toe Saul se seun Mefiboset die koning kom ontmoet het, was sy voete en baard nie versorg nie; en sy klere was vandat die koning vertrek het tot op die dag dat hy in vrede teruggekom het, nie gewas nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ook Mefiboset, die kleinseun van Saul, het afgegaan om die koning te ontmoet. Hy het sy voete nie versorg, sy snor nie geknip en selfs sy klere nie gewas nie, van die dag af dat die koning weggegaan het totdat hy weer ongedeerd daar aangekom het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mefiboset kleinseun van Saul het ook vir Dawid kom ontmoet. Vandat die koning weg is totdat hy veilig teruggekom het, het Mefiboset nie sy voete gewas of sy baard geknip of sy klere gewas nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mefiboset, Saul se kleinseun, het ook gegaan om die koning te verwelkom. Van die dag af dat die koning uit Jerusalem uit is tot op die dag dat hy weer veilig terug was, het Mefiboset nie sy voete gewas of geskeer of ander klere aangetrek nie. |