2 Samuel 19:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Dawid: Wat het ek met julle te doen, seuns van Seruja, dat julle vandag my teëstanders sou wees? sal daar vandag iemand in Israel gedood word? want weet ek nie dat ek vandag koning is oor Israel nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Dawid sê: “Wat moet ek met julle maak, seuns van Seruja, dat julle vandag soos ’n teenstander geword het? Dis nie ’n dag van teregstelling in Israel nie, want ek weet ek is weereens koning van Israel!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Dawid sê: Wat het ek met julle te doen, seuns van Seruja, dat julle vandag my teëstanders word? Sou iemand vandag in Israel gedood word? Want weet ek dan nie dat ek vandag koning oor Israel is nie? |
| Afrikaans 1983 | Maar Dawid het geantwoord: “Wat het dit met julle te doen, seuns van Seruja? As julle so praat, is julle my teenstanders. Moet daar dan vandag iemand in Israel doodgemaak word? Ek weet mos tog dat ek vandag koning oor Israel is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het egter gesê: “Hoe moet ek julle verstaan, seuns van Seruja? Want julle word vandag vir my teenstanders. Moet iemand vandag in Israel doodgemaak word? Weet ek dan nie dat ek vandag koning is oor Israel nie?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Dawid het gesê: “Seuns van Seruja, hoekom sê julle dit vir my? Wil julle my vandag verkeerd laat doen? Ons maak vandag niemand dood in die land Israel nie, want ek weet ek is vandag koning van Israel.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid antwoord toe: “Julle twee seuns van Seruja hoef nie vir my op te kom nie. Om die waarheid te sê, julle praat vandag teen my. Niemand in Israel sal vandag doodgemaak word nie. En dit sê ek omdat ek nou die koning van Israel is.” |