2 Samuel 19:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Abísai, die seun van Serúja, het geantwoord en gesê: Sal Símeï nie hiervoor gedood word nie, omdat hy die gesalfde van die HERE vervloek het?
Afrikaans (NLV) 2011 Abisai seun van Seruja sê toe: “Moet Simeï nie net hier doodgemaak word nie? Het hy dan nie die gesalfde van die Here gevloek nie?”
Afrikaans 1933/1953 Toe het Ab¡sai, die seun van Seruja, geantwoord en gesê: Moet S¡me‹nie hieroor gedood word, dat hy die gesalfde van die HERE gevloek het nie?
Afrikaans 1983 Hierop het Abisai seun van Seruja gevra: “Moet Simeï nie doodgemaak word nie? Hy het immers die gesalfde van die Here gevloek.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Abisai, seun van Seruja, het daarop gereageer en gesê: “Moet Simeï nie hiervoor doodgemaak word nie? Hy het immers die gesalfde van die Here uitgeskel.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Abisai seun van Seruja het gesê: “Simeï moet sterf, want hy het die gesalfde van die Here vervloek.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Abisai, Seruja se seun, haak toe af en sê: “Maar moet Simeï nie doodgemaak word vir wat hy gedoen het nie? Hy het dan die Here se koning gevloek!”