2 Samuel 19:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want u dienaar weet dat ek gesondig het; daarom, kyk, ek het vandag die eerste van die hele huis van Josef gekom om af te gaan my heer die koning tegemoet.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek weet dat ek baie gesondig het. Dis hoekom ek vandag die heel eerste persoon uit Israel is wat u kom ontmoet.”
Afrikaans 1933/1953 Want u dienaar weet dat,k gesondig het; maar soos u sien, vandag het ek die eerste van die hele huis van Josef afgekom om my heer die koning tegemoet te gaan.
Afrikaans 1983 Ek weet baie goed dat ek sleg opgetree het, maar let tog op dat ek vandag die heel eerste uit die huis van Josef is wat die koning kom ontmoet.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want ek, u dienaar, besef dat ek die een is wat gesondig het. Maar kyk, vandag het ek, van die hele huis van Josef, eerste afgekom om my heer die koning te ontmoet.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek weet ek het sonde gedoen, en daarom het ek vandag eerste afgekom om die koning te ontmoet. Ek was voor die Josef-stamme hier.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek weet ek het ’n vreeslike fout gemaak, maar vandag is ek van al die mense in die Noorde eerste hier om U Majesteit te verwelkom.”