2 Samuel 19:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die oorwinning daardie dag het vir die hele volk in rou verander, want die volk het daardie dag hoor sê hoe die koning bedroef was oor sy seun. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En hoe meer soldate gehoor het van die koning se hartseer oor sy seun, hoe meer het die vreugde van die oorwinning verander in trane. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daardie dag het die oorwinning vir die hele volk 'n roubedryf geword, omdat die volk die dag hoor sê het: Die koning is bedroef oor sy seun. |
| Afrikaans 1983 | So het die oorwinningsdag 'n dag van trane geword vir al die manskappe, want hulle het gehoor dat die koning bedroef is oor sy seun. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die oorwinning het daardie dag vir al die manskappe 'n dag van rou geword, omdat die manskappe daardie dag gehoor het die koning is gebroke oor sy seun. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die manne het die oorlog gewen, maar daardie dag moes hulle almal begin huil en treur, want hulle het gehoor dat die koning hartseer is oor sy seun. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die soldate hoor dat die koning se hart gebreek is oor sy seun, het die dag waarop hulle gewen het, vir almal ’n treurige dag geword. |