2 Samuel 19:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar het 'n veerboot gevaar om die koning se huisgesin oor te dra en te doen wat hy goeddink. En Símeï, die seun van Gera, het voor die koning neergeval toe hy deur die Jordaan getrek het;
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het deur die drif gegaan om die koning en sy huishouding deur die rivier te bring en hom op allerlei maniere te help. Die koning was op die punt om deur die rivier te gaan, toe val Simeï voor hom neer.
Afrikaans 1933/1953 En die pont het heen en weer gevaar om die huis van die koning oor te bring en te doen wat goed was in sy oë. En S¡me‹, die seun van G,ra, het voor die koning neergeval toe hy die Jordaan sou oortrek
Afrikaans 1983 Hulle het deur die drif gegaan om die geselskap van die koning deur te bring en om te doen wat die koning wou hê. Net toe die koning die Jordaan wou deurtrek, kniel Simeï seun van Gera voor hom
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en die drif deurgegaan om die koning se huisgesin deur te help en om te doen wat hy nodig ag. Simeï, seun van Gera, het, toe hy die Jordaan oorsteek, voor die koning neergeval.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het deur die rivier gegaan om die huisgesin van die koning deur die rivier te bring en om te doen wat hy wil hê. Toe die koning deur die Jordaan-rivier gekom het, het Simeï seun van Gera voor hom kom lê
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het deur die drif gegaan om die koning se gesin oor die rivier te help en enigiets te doen wat die koning wou hê. Toe Simeï, Gera se seun, deur die Jordaanrivier is, val hy voor die koning op sy knieë