2 Samuel 19:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar was duisend man van Benjamin by hom, en Siba, die dienaar van die huis van Saul, en sy vyftien seuns en sy twintig dienaars saam met hom; en hulle het voor die koning deur die Jordaan getrek.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Afdeling soldate uit die stam van Benjamin was saam met hom, en ook Siba, die bestuurder van Saul se eiendomme, saam met sy vyftien seuns en twintig slawe. Hulle het hulle na die Jordaanrivier gehaas om voor die koning daar te wees.
Afrikaans 1933/1953 en duisend man uit Benjamin was saam met hom; verder Siba, die dienaar van Saul se huis, met sy vyftien seuns en sy twintig slawe saam met hom; en hulle het voor die koning al die Jordaan bereik.
Afrikaans 1983 By hom was 'n afdeling soldate uit Benjamin, en verder ook Siba, die bestuurder van Saul se huishouding, met sy vyftien seuns en twintig slawe. Hulle het voor die koning by die Jordaan aangekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Duisend man uit Benjamin was saam met hom, asook Siba, 'n hofdienaar van Saul met sy vyftien seuns en twintig slawe by hom. Hulle het voor die koning op die Jordaan afgestorm
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was 1 000 manne van die Benjamin-stam by hom. Siba wat vir die familie van Saul gewerk het en sy 15 seuns en 20 slawe was ook by hom. Hulle was vóór die koning by die Jordaan-rivier.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar was ’n klomp soldate van die stam van Benjamin by hom, en ook Siba, die man wat by Saul in die paleis gewerk het, met sy vyftien seuns en twintig slawe. Hulle was voor die koning by die rivier.