2 Samuel 19:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Símeï, die seun van Gera, 'n Benjaminiet, wat uit Bahurim was, het gou saam met die manne van Juda afgekom om koning Dawid te ontmoet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Simeï seun van Gera die Benjaminiet uit Bagurim het hom gehaas om koning Dawid saam met die mense van Juda te ontmoet. |
| Afrikaans 1933/1953 | En S¡me‹, die seun van G,ra, die Benjaminiet, wat uit Bahurim was, het hom gehaas en saam met die manne van Juda afgekom om koning Dawid te ontmoet, |
| Afrikaans 1983 | Simeï seun van Gera, die Benjaminiet van die stad Bagurim, het haastig saam met Juda afgegaan om koning Dawid te ontmoet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Simeï, seun van Gera, die Benjaminiet wat uit Bagurim kom, het gou gemaak en saam met die manne van Juda afgegaan om koning Dawid te ontmoet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Simeï seun van Gera, die man van die stad Bagurim in die land Benjamin, het vinnig gekom en hy het saam met manne van Juda gegaan om koning Dawid te ontmoet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Simeï, Gera se seun, daardie Benjaminiet wat in Bagurim gebly het, was vreeslik angstig om die koning te verwelkom en het saam met die mense van Juda afgegaan rivier toe. |