2 Samuel 19:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die koning teruggekeer en by die Jordaan aangekom. En Juda het in Gilgal gekom om die koning te ontmoet, om die koning oor die Jordaan te lei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning het teruggekom en die Jordaanrivier bereik. Die mense van Juda het by Gilgal bymekaargekom om die koning terug te verwelkom en hom oor die rivier te begelei. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het die koning teruggegaan en by die Jordaan aangekom; en Juda het na Gilgal gekom om die koning tegemoet te gaan, om die koning oor die Jordaan te bring. |
| Afrikaans 1983 | Die koning is toe terug, en terwyl hy op pad was na die Jordaan toe, het Juda by Gilgal bymekaargekom om hom te ontmoet en oor die Jordaan te help. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning het toe teruggegaan en by die Jordaan aangekom. Juda het tot by Gilgal gekom om die koning tegemoet te gaan, om die koning oor die Jordaan te begelei. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning het teruggegaan en hy het by die Jordaan-rivier aangekom. Die mense van Juda het na die stad Gilgal gekom om die koning te ontmoet en om hom oor die rivier te help. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die koning het teruggegaan. Toe hy by die Jordaanrivier kom, was die mense van Juda al by Gilgal om hom te verwelkom en hom oor die rivier te help. |