2 Samuel 19:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die hart van al die manne van Juda gebuig, soos die hart van een man; sodat hulle hierdie woord aan die koning gestuur het: Keer terug, jy en al u dienaars. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op hierdie manier het hy almal in Juda oortuig en hulle het eenparig vir Dawid laat weet: “Kom terug na ons toe en bring almal saam wat by u is!” |
| Afrikaans 1933/1953 | So het hy dan die hart van al die manne van Juda sonder uitsondering geneig, sodat hulle die koning laat weet het: Kom terug, u met al u dienaars. |
| Afrikaans 1983 | So het hy die hele Juda soos een man na sy kant toe oorgehaal, en hulle het die koning laat weet: “Kom terug! U en al u manskappe!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So het hy sonder uitsondering die harte gewen van al die manne van Juda. Hulle het toe vir die koning 'n boodskap gestuur: “Kom terug, u en al u dienaars!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | So het Dawid gepraat totdat al die manne van Juda besluit het dat hy weer hulle koning moet wees. En hulle het vir die koning laat weet: “Jy moet terugkom, jy en al jou manne.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So het Dawid die Judeërs almal omgepraat en hulle het vir hom laat weet: “Kom terug saam met al u manskappe.” |