2 Samuel 19:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sê vir Amasa: Is jy nie van my been en van my vlees nie? God doen so aan my en so ook, as jy nie gedurigdeur voor my aangesig oor die leër in die kamer van Joab is nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid laat weet toe vir Amasa: “Is jy dan nie bloedfamilie van my nie? Voor God beloof ek dat ek jou permanent sal aanstel as aanvoerder van die leër in die plek van Joab.”
Afrikaans 1933/1953 En vir Am sa moet julle sê: Is jy nie my been en my vlees nie? Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen as jy nie al die dae leërowerste voor my in die plek van Joab sal wees nie!
Afrikaans 1983 Sê vir Amasa ek sê: Is jy nie my eie bloedfamilie nie? Mag God my om die lewe bring as jy nie vir altyd die hoof van my leër word in die plek van Joab nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En vir Amasa moet julle sê, ‘Is jy nie my bloedfamilie nie? Mag God my swaar straf as jy nie vir goed in my diens die bevelvoerder van die leër word in die plek van Joab nie!’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En julle moet vir Amasa sê: Ek en jy is familie, ek bid dat God my sal help sodat jy altyd die hoof van die leër sal wees. Joab sal nie weer die hoof van die leër wees nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En sê vir Amasa ons is ook mos naby familie en ek sweer vir hom voor God dat hy so lank ek lewe, in Joab se plek die hoofgeneraal gaan wees.”