2 Samuel 19:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En koning Dawid het na Sadok en die priesters Abjatar gestuur om te sê: Spreek met die oudstes van Juda en sê: Waarom is julle die laastes om die koning na sy huis terug te bring? toe hy die woord van die hele Israel sien, het hy na die koning gekom, tot by sy huis. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning het verneem wat oral in Israel gesê word. Toe stuur hy die priesters Sadok en Abjatar om vir die leiers in Juda te sê: “Hoekom sou julle die heel laaste wees om die koning weer in sy amp te herstel? |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het koning Dawid gestuur na Sadok en Abjatar, die priesters, om te sê: Spreek met die oudstes van Juda en vra: Waarom sou julle die laastes wees om die koning terug te bring na sy huis? Die gesegde van die hele Israel het naamlik die koning in sy huis bereik. |
| Afrikaans 1983 | Hierdie gevoel onder Israel het by Dawid en sy mense uitgekom. Daarna het die koning vir die priesters, Sadok en Abjatar, laat weet: “Praat met die leiers van Juda en vra: Waarom moet julle nou die laaste wees om die koning na sy paleis toe te laat terugkom? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Koning Dawid stuur toe 'n boodskap na die priesters Sadok en Abjatar om te laat weet: “Spreek die oudstes van Juda aan en sê, ‘Waarom moet julle die laaste wees om die koning na sy paleis terug te bring?’ ” Die gesprek van die hele Israel het immers die koning in sy verblyfplek bereik. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar koning Dawid het 'n boodskap gestuur vir die priesters Sadok en Abjatar. Hy het vir hulle laat weet: “Julle moet praat met die leiers van Juda en julle moet vir hulle sê: Die koning en sy huisgesin het gehoor wat die Israel-mense praat. Hoekom wil julle die laaste mense wees wat die koning wil laat terugkom na sy huis? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Koning Dawid het daarvan gehoor. Hy laat weet toe vir Sadok en Abjatar: “Praat ’n bietjie met die leiers van Juda in die suide en vra vir hulle hoekom hulle die koning nie eerste terugvat na sy paleis toe nie. Sê vir hulle die koning het gehoor die Israeliete in die Noorde wil hom terugvat. |