2 Samuel 19:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Absalom, wat ons oor ons gesalf het, is dood in die geveg. Waarom spreek julle dan nie 'n woord om die koning terug te bring nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Nou is Absalom wat ons gesalf het om oor ons te regeer, dood. Laat ons Dawid vra om terug te kom en weer ons koning te wees.”
Afrikaans 1933/1953 en Absalom wat ons oor ons gesalf het, het in die geveg gesneuwel: waarom is julle dan nou nalatig om die koning terug te bring?
Afrikaans 1983 Buitendien is Absalom vir wie ons tot koning gesalf het, in die geveg dood. Waarom talm julle nog om die koning te laat terugkom?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en Absalom, vir wie ons as koning oor ons gesalf het, is dood in die oorlog. Waarom swyg julle dan nou oor die terugbring van die koning?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons het vir Absalom gesalf om oor ons te regeer, maar Absalom het gesterf in die oorlog. En nou, hoekom doen julle niks om die koning te laat terugkom nie?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar Absalom, wat ons koning gemaak het oor ons, is dood in die oorlog. Hoekom sê julle nou niks? Hoekom bring julle nie die koning terug nie?”