2 Samuel 18:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Absalom het die dienaars van Dawid ontmoet. En Absalom het op 'n muil gery, en die muil het onder die digte takke van 'n groot terpentynboom ingegaan, en sy kop het die terpentynboom vasgegryp, en hy is tussen die hemel en die aarde opgeneem; en die muil wat onder hom was, het weggegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid se manne het op Absalom afgekom. Hy het op ’n muil gery. Die muil het onder die digte takke van ’n groot boom deurgegaan waar Absalom se kop tussen die takke vasgevang is. Sy muil het onder hom uit gehardloop sodat hy tussen hemel en aarde bly hang het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die dienaars van Dawid het Absalom onverwags aangetref terwyl Absalom op 'n muil ry; en toe die muil onder die digte takke van 'n groot terpentynboom ingaan, het sy hoof in die terpentynboom vasgehaak, sodat hy tussen hemel en aarde bly hang het, terwyl die muil onder hom wegloop. |
| Afrikaans 1983 | Dawid se manskappe het op Absalom afgekom waar hy op 'n muil gery het. Die muil het onder die digte takke van 'n groot akkerboom deurgegaan, en Absalom se kop het in die boom vasgehaak. Die muil waarop hy gery het, het aangehou hardloop en Absalom het tussen hemel en aarde bly hang. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Absalom het hom teen die dienaars van Dawid vasgeloop terwyl hy op 'n muil gery het, en toe die muil onder die takke van 'n groot terebintboom deurgaan, is sy hare vasgevang in die terebint. Hy het tussen hemel en aarde bly hang, terwyl die muil wat onder hom was, verder gaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid se manne het vir Absalom gekry. Absalom het op 'n muil gery. Toe die muil onder die takke van 'n groot boom hardloop, het Absalom se kop vasgehaak in die boom en hy het in die lug bly hang. Die muil waarop hy gery het, het verder gegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Absalom het hom in Dawid se manskappe vasgeloop. Hy het op ’n muil gery. Toe die muil onder die digte takke van ’n groot boom deurgaan, het Absalom se kop in die takke vasgehaak. Die muil is onder hom uit sodat hy daar tussen hemel en aarde bly hang het. |