2 Samuel 18:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die geveg was daar oor die hele land verstrooi, en die bos het daardie dag meer mense verteer as wat die swaard verteer het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die gevegte het oor die hele gebied uitgebrei. Meer mense het as gevolg van die bos omgekom as wat deur die swaard gesneuwel het.
Afrikaans 1933/1953 Maar die geveg is daar uitgebrei oor die oppervlakte van die hele land, en die bos het daardie dag onder die mense meer verteer as wat die swaard verteer het.
Afrikaans 1983 Die geveg het oor die hele landstreek versprei, en op daardie dag het die bos meer lewens geëis as die swaard.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Van daar af het die geveg oor die hele gebied versprei. Die bosse het daardie dag meer lewens geëis as die swaard.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die oorlog het oor die hele land versprei, en meer mense het daardie dag in die bos gesterf as in die oorlog.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die gevegte was naderhand oor ’n wye gebied en daar is meer mense in die bos dood soos hulle gevlug het, as wat daar met die swaard doodgesteek is.