2 Samuel 18:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waar die volk Israel voor die dienaars van Dawid gedood is, en daar was daardie dag 'n groot slagting van twintigduisend man. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid se leër het die magte van Israel verslaan. Daar was ’n groot slagting en 20 000 soldate het daardie dag gesneuwel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die manskappe van Israel is daar voor die dienaars van Dawid verslaan, en die neerlaag was die dag daar groot, twintig duisend. |
| Afrikaans 1983 | en Israel is deur Dawid se manskappe verslaan. Dit was 'n groot slagting. Daar het dié dag nie minder nie as twintig duisend man geval. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar is die manskappe van Israel verslaan deur die dienaars van Dawid. Op daardie plek was daar dié dag 'n groot slagting – twintigduisend man. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die manne van Dawid het daar gewen teen die manne van Israel, en hulle het daardie dag baie manne doodgemaak, 20 000 manne. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Israeliete het die geveg teen Dawid se manskappe verloor. Daar is daardie dag baie van die Israeliete daar in die bos dood, omtrent 20 000. |