2 Samuel 18:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koning het aan Joab en Abísai en Ittai bevel gegee en gesê: Wees sagkens om my ontwil met die jongman, teen Absalom. En die hele volk het gehoor toe die koning al die owerstes bevel gegee het oor Absalom.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning het vir Joab, Abisai en Ittai beveel: “Julle moet om my ontwil mooi werk met die jong man Absalom.” Al die soldate het gehoor watter opdrag die koning aan sy bevelvoerders gegee het.
Afrikaans 1933/1953 En die koning het Joab en Ab¡sai en Ittai bevel gegee en gesê: Saggies met die jongman, met Absalom. En al die manskappe het gehoor toe die koning aan al die owerstes bevel gee omtrent Absalom.
Afrikaans 1983 Die koning het vir Joab, Abisai en Ittai beveel: “Werk om my ontwil tog saggies met my kind Absalom.” Al die manskappe het die bevel oor Absalom gehoor toe die koning dit aan die offisiere gegee het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning het Joab, Abisai en Ittai opdrag gegee: “Werk, ter wille van my, saggies met die jong man, met Absalom. ” Al die manskappe het gehoor toe die koning aan al die aanvoerders opdragte gee in verband met Absalom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het vir Joab en Abisai en Ittai gesê: “Julle moenie die jongman Absalom seermaak nie.” Al die manne het gehoor wat die koning vir al die offisiere gesê het oor Absalom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning het vir Joab en Abisai en Ittai duidelik gesê: “Moet asseblief nie te rof wees met die jongman, met Absalom, nie.” Al die manskappe het gehoor wat die koning vir die generaals oor Absalom gesê het.