2 Samuel 18:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die koning vir hulle: Wat julle die beste dink, sal ek doen. En die koning het by die poort gaan staan, en die hele volk het uitgetrek by honderde en by duisende.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek sal maak soos julle sê,” stem die koning in. Hy het by die stadspoort gaan staan terwyl die soldate in afdelings van honderd en duisend by hom verbygegaan het.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê die koning vir hulle: Wat goed is in julle oë, sal ek doen. En die koning het langs die poort gaan staan, terwyl al die manskappe by honderde en by duisende uittrek.
Afrikaans 1983 Die koning sê toe: “Ek sal doen soos julle sê.” Toe gaan staan hy langs die stadspoort terwyl die hele leër in afdelings van honderd en duisend uittrek om te gaan veg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning het hulle geantwoord: “Wat vir julle die beste lyk, sal ek doen.” Die koning het toe langs die stadspoort gaan staan, en al die manskappe het in eenhede van honderd en duisend uitgetrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het vir hulle gesê: “Ek sal doen wat julle wil hê.” Hy het by die poort gaan staan, en al die manne het uitgekom in groepe van 100 manne en 1 000 manne.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Goed, as julle so dink, sal ek dit doen,” sê die koning. Die koning het toe by die stad se ingang gaan staan en al die groepe van die leër het by hom verbygestap.